Die Kranksinnige
In hierdie sel agter die grense van die vel en die ho"e vensters van die o"e is twee mense: die een is gek, die ander, ek. Dis hy wat kerm en gil maar ek is bang en stil. In elke klein uur van die nag veg ek teen hom met minder krag en as hy wen dan skree hy uit sy wrok teen God en we^reld uit. In hierdie klein vertrek van vlees en been, is twee. Die een is gek, die ander, Ek.