iets om aan te peusel in my igloo

my wintervrou is 'n klein klein voël
tjie tjie tjie
wat met drome goël

met herfs het ek dit
in die dooie bos gevang
verbouereerd
oor hoe dit wit genotjies
in die leë bome hang

nou en buite die ruite
is die hongerblou gety
sit
dit op my tafel en
ditse boudjies maak my bly

my wintervrou is 'n klein klein voël
tjie tjie tjie
wat met drome goël