Suiwer Wiskunde
Die uurwerk kantel. En die ligbruin by hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug word, nooit saad salskiet, en nooit verby hierdie verstarde uur sal groei. Die lug het stil soos ys gaan staan, so wit en blou. Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim, bly in sy ligte sirkels vasgehou en moet sy see 'n ewigheid versuim.