Kake van die Leeu (Woorde deur Koos Kombuis)
Ons is die profete van 'n arm, arm tyd
Ons wandel in die strate van vergetelheid
gebore in die storm, gelouter deur die dors
vasgevang op stadsbalkon tusse pitte en gemors
Chorus: ons is die troebadoere, die dwangarbeiders
die priesters van 'n eeu
ons hardloop en ons juig
in die kake van die leeu
dis die millenium van bedrog, die kurwe van 'n geel seisoen
waar liefde skaars en goedkoop is, 'n gesuigde ou lemoen
en veraf op die einders hoor ons hienas skel lag
maar ons skryf donker gedigte in die dieptes van die nag
Bridge: verland jy na die son in die Noorde
wens jy ook vir groter krag as woorde
sien jy die spieels in die basements van verlang
slaan jy ook die dromme in ons land se swanesang?