Liefdesonsin
Lam-tie-tie dam-tie-tie doedoe my liefstietjie,
Moeder hartrowertjie dierbaarste diefstietjie;
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie;
Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.
"Doedoe my bladertjies,
Slaapenstyd nadertjies.
Doedoe my blommetjies,
Nag is aan 't kommetjies,"
So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.
-CJ Langenhoven